

Algemene Inligting

Skooltye
Skoolure: 06:00 - 14:00
Naskool: 14:00 - 18:00 Vakansieprogram: Daar is geen ekstra koste. Registreer asseblief vooraf.
Hoe om te registreer
Skryf jou kind by Hallo Skool in deur ons aanlyn registrasievorm in te vul of kontak ons direk vir hulp met die proses. Ons sien daarna uit om jou kleuter te verwelkom in ons liefdevolle en ondersteunende gemeenskap.

Kleredrag en skryfbehoeftes
Ouers moet daagliks sorg vir ’n ekstra stel skoon klere in die rugsakke.
Ouers moet asseblief ALLE besittings merk.
Hallo Skool verskaf alle skryfbehoeftes.

Fasiliteite
Ons fasiliteite is ontwerp met die behoeftes van jong kinders in gedagte. Ons ruim, skoon omgewing bied 'n veilige en stimulerende ruimte vir leer en speel. Kleuters kan in ons liefdevolle en rustige omgewing vir so lank as moontlik nét kind wees. Ons unieke A-graad leeromgewing en terrein met ’n verskeidenheid ontwikkelingsareas en apparaat ondersteun ons holistiese benadering en speelgebaseerde ontdekkingsleer.

Sekuriteit & Veiligheid
Die veiligheid en sekuriteit van elke kind is ons hoogste prioriteit. Ons handhaaf 'n streng veiligheidsprotokol en hou altyd toesig oor elke kleuter se welstand.
