top of page
Asset 26.png

Hoekom ons?

Asset 27.png
Shape Image 5.png

Hallo Skool is 'n plek waar elke kleuter spesiaal en geliefd voel. Ons streef daarna om kleuters se nuuskierigheid, kreatiwiteit en selfbeeld te ontwikkel deur ons verskeidenheid speelgebaseerde leeraktiwiteite en sosiale interaksies.

 

By Hallo Skool glo ons dat elke kleuter uniek is en verdien om opgevoed te word op 'n manier wat by elkeen se eie behoeftes en belangstellings pas. Ons toewyding aan kwaliteit onderwys en individuele aandag maak ons die ideale keuse vir jou kind se vroeë opvoedkundige ervaring.

Ons unieke aanbieding

Vol page.png

Toewyding aan elke kind se unieke behoeftes en ontwikkeling

Hier by Hallo Skool sien ons elke kind as ’n individu met ’n unieke temperament, talente, leerstyl en persoonlikheid. Die kind bring hierdie uniekheid na elke leerervaring en speel ’n aktiewe rol in die leerproses deur deelname aan die leerervarings.

 

Ons glo dat kinders floreer wanneer hulle as unieke individue erken word. Sodoende word hulle karakter gebou, kreatiwiteit geaktiveer en talente gekoester. Hulle kan dan probleme met selfvertroue en unieke probleemoplossingsvermoë aandurf.

 

Speelgebaseerde ontdekkingsleer beklemtoon kindergeleide spel, aangesien spel die mees optimale metode is waarop kinders van hulself en die wêreld om hulle leer. Speel laat kinders toe om te leer deur te doen in teenstelling met passiewe en sittende ervarings.

About image kid.png
Hei image.png

Passie vir innoverende kurrikulum en opvoedkundige programme

Geïnspireer deur Finland se benadering tot opvoeding in die vroeë kinderjare, neem ons die beste wat Finland bied en kombineer dit met ander beste praktyke in ons progressiewe en vernuwende kurrikulum.

 

Ons werk voortdurend op grond van die nuutste in opvoedkundige navorsing, wat deur ons akademiese vennoot, die Universiteit van Helsinki, verskaf word. Die basiese kurrikulum is die HEI-kurrikulum. Hei is die Finse woord vir hallo.

 

Ons neem die beste wat Finland bied in kleinkindontwikkeling en kombineer dit met die Suid-Afrikaanse raamwerk in kleinkindonderrig en -ontwikkeling. Ons onderrig kleuters wat die wêreld sal verander, sonder om ons eie taal en kultuur prys te gee. Die onderwysmetodes van Finland deel hierdie filosofie.

 

Ons glo kinders moet so lank as moontlik net kind wees en daar moenie druk op hulle geplaas word om te presteer nie. Elke kind is op sy eie meriete talentvol en begaafd en verdien om gelyke onderwys te ontvang. Ons kinders sal baanbrekers word wat die wêreld verander.

 

Hallo Skool se kurrikulum lê die fondasie om ons kleuters voor te berei om met goeie herinnering aan Hallo Skool hulle skoolloopbaan en uiteindelik die lewe in te gaan. Hulle sal slaggereed wees vir die uitdagings van ’n groter wêreld.

Ons personeel

’n Kleuterskool is ’n spesialis onderwysgebied met spesifieke uitkomste en daadwerklike programme om die leerder optimaal te ontwikkel en voor te berei vir formele leersituasies. Ons het op hierdie ouderdom die unieke geleentheid om in die kind se brein (neurobane) en liggaam (integrasie) die fondasie neer te lê te vir leer.

 

Om ons behulpsaam te wees in hierdie proses het ons 'n arbeidsterapeut wat deurlopend die skool konsulteer. Hierdie konsultasie sal uitvalle vroeg identifiseer.

 

Elke personeellid word fyn gekeur om te bepaal of hulle oor die vermoë beskik om Hallo Skool se waardes en visie uit te leef. Ons personeel is voortdurend bewus van hulle verantwoordelikheid as opvoeders en dat hulle die fondasies lê vir gelukkige, gebalanseerde en suksesvolle kinders. Hulle weet waar ons kinders vandaan kom, waarheen hulle op pad is en wat van hulle verwag gaan word in hulle skoolloopbaan. Elke kind word met liefde en sorg daarop voorberei. 

_Skool Personeel-2.jpg

Onica Roux

Skoolhoof

_Skool Personeel.jpg

Misha Muller

Onderwyseres & Koördineerder

Asset 36.webp
box a 3.png
Ons Waardes

Die Hallo Skool-kultuur is gebaseer op:

• Liefde vir die Here

• Liefde en omgee vir ander

• Gesonde selfbeeld

• Respek

• Eerlikheid

• Ywer 

box a 2.png
Ons Missie

By Hallo Skool gee ons om vir elke kind en fokus individueel op elkeen se welstand, onderrig en ontwikkeling. Ons help kleuters om hulle volle potensiaal te bereik deur aan hulle puik opvoeding, ’n innoverende kurrikulum en gepaste opvoedkundige aktiwiteite in ’n veilige, ondersteunende en stimulerende omgewing te bied.

box a 1.png
Ons Visie

Hier by Hallo Skool skep ons ’n Christelike omgewing waar elke kind se unieke talente en gawes gekoester en ontwikkel word. Ons streef daarna om akademiese uitnemendheid, geestelike groei en karakterontwikkeling te bevorder sodat kleuters hulle volle potensiaal in diens van God en hulle gemeenskap bereik.

pexels-kseniachernaya-8535193.jpg

Skryf jou kind vandag in.

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page